KONTAKBESONDERHEDE

  LERAAR Ds Leonardi Hart

Tel: 031 764 3720

Sel: 073 195 9054

E-pos: dsleonardistoop@gmail.com

(Afdag op Vrydae)

ADMINISTRATEUR: Adrie O’Reilly

Tel: 031 702 5264/ 072 667 9497

 E-pos: ngkpinetown@saol.com

 Kantoorure 08:00 – 14:00 weeksdae

Tel: 031 702 5264

Sel: 072 667 9497 

E-pos: ngkpinetown@saol.com

NG Kerk webtuiste: www.ngkerkpinetown.co.za

EREDIENSTYE 

SONDAGOGGENDE:

Eredienste om 08:30 in die kerkgebou en 

Kategese 08:30 in kategeselokaal gedurende skoolkwartale.

Erediens word uitgesaai via “Facebook live” op 

die kerk se facebook-blad om 08:30. Die opname sal via whatsapp uitgestuur word na die diens.

BANK BESONDERHEDE:

ABSA bank  N G Kerk Pinetown

Tak  505626   Rekening no 1190580012

Verwysing … BYDRAE.

ZAPPER BETALINGS

 Zapper is ‘n maklike en veilige manier om bydraes te maak direk aan die Gemeente en is 

binne 24 uur in die Gemeente se bankrekening. Die unieke QR kode kan ook maklik gedeel word met ander wat dalk ook ‘n bydrae wil maak. Volg gerus die skakels van hoe om Zapper af te laai op u foon en dit te gebruik. 

https://youtu.be/9YBPhLaYngQ https://youtu.be/Jy1mLFvKN0A


  

VERJAARDAE:

Baie geluk aan lidmate wat gedurende die komende week verjaar.  Seëninge uit die Vaderhand word u  toegebid vir `n besonderse lewensjaar.

2 Mei – Claude Botha

2 Mei – Engela Conradie

3 Mei – Lettie Greyling

3 Mei – Gerhard Naudé

6 Mei – Bea Schutte

 

Ons versorg en bedien in gehoorsaamheid,

met Jesus-liefde na binne en buite.

DIE HOOFWEG

               29 April 2022

Derde Sondag in Paastyd

    Uitgawe 450

Baie welkom by die Erediens vanoggend onder leiding van Ouderling Willie Hugo.

Die skriflesing is uit: Openbaring 5:11-14           die tema: Die lewe voor die Troon 

GEBEDSONDERSTEUNINGSLYS

Esmé Joubert – Kloof Nursing Home.

Doreen Marais – Verswakte gesondheid.

Betsie Johnston – kolonkanker. 

Anna van Rooyen-Verswakte gesondheid. 

Marie Agenbag – Herstel na rugoperasie 

Connie Waldeck –longontsteking & hartversaking  

Halbo vd Walt – herstel na Fratsongeluk 

Annemarie Nel – senuweebesering

Monica Helberg – Steeds geen elektrisiteit

Gebedsversoeke kan aan Alet Hugo gestuur word by 084 549 5256.

DIENS VAN BARMHARTIGHEID:

GESOEK:

Ons benodig teenwoordiger/s vir Tuinsig Bejaarde Tehuis asb. Indien u geroepe voel tot hierdie pragtige bediening, kontak ons asb.: Margaret (snr).  083 652 6098

GROOT WAARDERING:

Ons wil baie baie dankie sê aan al die vrywilligers wat betrokke was met die uitreikingspojek wat ons gemeente saam met See Upper Highway en Watercrest Mall aangepak het om mense te help in gemeeskappe wat swaar getref was deur die oorstromings. Daar is baie ure se baie harde werk verrig.  Ons sê ook baie dankie vir elke donasie, bydae en skenking asook elke gebed. Saam kan ons ‘n verskil maak!  

VRYWILLIGERS GEVRA:

Ons wil u hartlik uitnooi om betrokke te raak by Diens van Barmartigheid (soos die Heilige Gees u sal lei). U is ook welkom om aan te sluit by ons Whatsapp groepie indien u sou wou sien waarmee ons besig is.                                                         Kontak: Margaret snr @ 083 652 6098.                                                                           Ons (Diens van Barmhartigheid) werk streng volgens riglyne waarvolgens alle behoeftiges geëvalueer word deur ’n welsynswerker en duplisering van donasies aan bv. een gesin/persoon dus uitgesluit word en almal regverdig, diskreet en met die nodige respek hanteer word. Ons leef in moeilike tye en ons ondersteun mekaar graag. Baie dankie aan die getroue bydraers van kos en klere-donasies. Dit word opreg waardeer

KLERESTOOR:

Sr.Deline Schefermann en Sr. Sr Joyce Potgieter Sal van nou af die klerebank beman. Ons sê baie dankie vir hulle bereidwilligheid om die groot projek aan te neem.  Enige donasies en hulp is steeds welkom! Kontak gerus vir Sr, Deline Schefermann by: 083 416 0034

GROEP 55

Aangesien die Voorsitster en Sekretaresse vir die byeenkomste van April en Mei maand nie beskikbaar is nie. (Beide weens mediese redes) moet die byeenkomste ongelukkig kanselleer word. Dus sal ons volgende byeenkoms gedurende Junie maand plaas vind.

TEEBEDIENING:

Baie, baie dankie aan hierdie pragtige, vrolike bediening wie ons gemeente telkens so bederf. Vrywilligers vir verdere hulp met teebeurte word aangemoedig om in te skakel. Kontak asb.Sr Rhona Werner 031 702 3905 /

066 592 2365

VROUEKAMP 2022:

Vrouekamp word die jaar van 14 tot 16 Oktober by African Enterprise in Pietermaritzburg gehou.

Kostes : R810.00 per persoon

Kontak Sonja Wolfaard : Sonja@ngkzn.org.za

GEBOUE-KOMMISSIE

Ons bedank Br. Barry van Wyk vir sy baie harde werk om die stoorkamers vir ons klerestoor reg te maak en uit te verf. Dit word opreg waardeer. 

Ons sê ook baie dankie aan Wilmien Espach wat vir ons die Kerkknie-kombersies  gewas het. Baie dankie.

Ons nooi alle belangstellendes uit om sketse of idees met ons te deel oor hoe u graag ons toekomstige BRAAI area sal wil sien.

Ons kort tuingereedskap asb! Tuinvurk -en tuingraaf (Groot en klein),ens. As enige iemand ekstra tuingereedskap het wat u aan die kerk kan skenk, sal dit opreg waardeer word. Dit kan by die kerkgebou aan ons Koster Chris oorhandig word asb.

Ons het 2 goeie, stewige kantoorstoele wat ‘afskilfer/afdop’ en benodig om oorgetrek te word. Kontak asb. Kerkkantoor of Br. Chris, ons koster, indien u kan help. Baie dankie.

Kontak Charlize (072  345 2289)  

of Margaret (snr) (083 652 6098)

LIEDERE

Aanvangslied LB169 1tot3

Lofprysing

LB223 1tot3

LB421 1tot3

Slotlied LB184 1tot4