WELKOM BY ONS KERK/GEMEENTE
Die NG Kerk Pinetown Gemeente is op 20 September 1946 gestig. Die die eerste stigters het geen idee gehad dat die mooi Kerk met kerkklok, wat op die hoek van St John’s en Bamboo Laan staan, eendag in die middle van ‘n besig stad sou aanbid en leef nie.
Die Gemeente het dus (sonder dat dit beplan was) in ‘n middestad Gemeente verander. Die Kerkgebou en fasiliteite word deur ‘n aantal groepe op ‘n gereelde basis gebruik. Naas NG Gemeente Pinetown, gebruik ook POGA (Power of God Assemblies) en One City Church Pinetown die kerk en geboue op Sondae en in die week om te aanbid. Ons het Afrikaans, Zulu en Engelse dienste wat elke Sondag plaasvind. Die Gemeente is ‘n bedrywige spasie vol energie op ‘n Sondag, van vroeg tot laat.
ONTMOET ONS DOMINEES
Leonardi Hart
Sy is gelegitimeer op 20 November 2015 en op 4 Maart 2016 as Predikant bevestig. In 2018 het sy by NG Kerk Pinetown begin – ‘n gemeente na aan haar hart, synde sy hier gedurende haar kinderjare belydenis en geloof afgelê het.
Ds. Hart is op 6 November 2021 getroud met haar manlief, Lamar. Die egspaar is lief vir natuur en diere, en spog met ‘n 13 jarige Jack Russell, Shoemeer, and ‘n veel jonger Welsh Corgi, Magnus.
Selfs die diere se name hou belangrike betekenisse – “Shoemeer” haar naam between “sys al bewaar”; en “Magnus” is vernoem na “Magnus The Great”.
Buite die tuiste, het Ds. And Mnr. Hart ook twee pragtige perde: Serui Source en Valentino Leonardo. Dit was deur perdry wat die egpaar mekaar ontmoed het, end us is dit ‘n groot deel van hulle lewens.
Ons vind altyd with Ds. Hart met ‘n glimlag en a hart van goud – sy’s ‘n ware aanwins vir die NG Kerk Gemeente.
GEMEENSKAP ONDERSTEUNING
Barmhartigheidsbediening:
Hierdie is een van die oudste bedienings vanuit die NG Kerk. Dit is die versorging van die gemeenskap en is gebaseer op die verhaal uit Lukas 10: 25-37 van die barmhartige Samaritaan.
Kookspan:
Die kookspan bestaan uit 4 spanne. Hulle kook op Sondae vir die middestad bedienig, waar ‘n ete vir tuseen 90 – 140 persone voorberei word. Die etes word geneem na die NG Kerk in Anton Lembede Straat in Durban se middestad. Hier word hulle bedien met die woord deur Pastoor Leon van Assenderp Na die erediens word die etes bedien aan die wat die diens bygewoon het.
Klerebank:
Oorlede ouderling, Attie Helbergm se passie was die klerestoor of bank. Die klerebank is nou in Barmhartigheidsbediening se hande geplaas om broer Attie se droom voort te sit.
