Barmhartigheidsbediening: Hierdie is een van die oudste bedienings vanuit die NG Kerk. Dit is die versorging van die gemeenskap en is gebaseer op die verhaal uit Lukas 10: 25-37 van die barmhartige Samaritaan.
Kookspan: Die kookspan bestaan uit 4 spanne. Hulle kook op Sondae vir die middestad bedienig, waar ‘n ete vir tuseen 90- 140 persone. Die etes word geneem na die NG Kerk in Smith Straat in Durban se middestad. Hier word hulle bedien met die word deur Pastoor Leon van Assenderp , na die erediens word die etes bedien aan die wat die diens bygewoon het.
Klerebank: Oorlede ouderling Attie Helberg se passie was dieklerestoor ofbank. Nou in Barmhartigheidsbediening se hande geplaas om broer Attie se droom voort te sit.