KONTAKBESONDERHEDE

LERAAR Ds Leonardi Hart
Tel: 031 764 3720
Sel: 073 195 9054
E-pos: dsleonardistoop@gmail.com  (Afdag op Vrydae) 

 ADMINISTRATEUR: Adrie O’Reilly

Tel: 031 702 5264/ 072 667 9497
E-pos: ngkpinetown@saol.com
Kantoorure 09:00 – 15:00 weeksdae
Tel: 031 702 5264
Selfoon 072 667 9497
E-pos: ngkpinetown@saol.com

NG Kerk webtuiste: http://ngkerk.net/

EREDIENSTYE
SONDAGOGGENDE:

 Eredienste om 08:30 in die kerkgebou en Kategese 08:30 in kategeselokaal gedurende skoolkwartale. 
Erediens word uitgesaai via “Facebook live” op die kerk se facebook-blad om 08:30. Die opname sal via Whatsapp uitgestuur word na die diens. 

Bank besonderhede:
ABSA bank  N G Kerk Pinetown
Tak  505626   Rekening no 1190580012
Verwysing … BYDRAE.

ZAPPER BETALINGS

Zapper is ‘n maklike en veilige manier om bydraes te maak direk aan die Gemeente en is binne 24 uur in die Gemeente se bankrekening. Die unieke QR kode kan ook maklik gedeel word met ander wat dalk ook ‘n bydrae wil maak.
Volg gerus die skakels van hoe om Zapper af te laai op u foon en dit te gebruik.

https://youtu.be/9YBPhLaYngQ https://youtu.be/Jy1mLFvKN0A


  

WEEKLIKSE GEBEDSGELEENTHEID:

 Gebedsversoeke kan aan Alet Hugo gestuur word by 084 549 5256. 

 VERJAARDAE: 

 Baie geluk aan lidmate wat gedurende die komende week verjaar. Seëninge uit die Vaderhand word u toegebid vir `n besonderse lewensjaar. 

 27 Maart – Carol Le Grange 

30 Maart –Gwen Haupt 

30 Maart – William Leamy 

1 April – Eddie Le Grange 

1 April – Alan Norie 

1 April – Francois Swart 

 ‘n Spesiale Gelukwensing ook aan Joseph en Claudette van Dyk wat die week hulle 59ste huweliksherdenking gevier het! Wat ‘n groot mylpaal en voorbeeld vir ander. Hartlik geluk! 

DIE HOOFWEG

 27 Maart 2022 

Vierde Sondag in Lydenstyd 

Uitgawe 444 

Baie welkom by die Erediens vanoggend onder leiding van Br. Willie Hugo. Die skriflesing is uit: Jes 55: 1 -13 Tema: “Aanvaar die geskenk van die verlossing.” 

GEBEDSONDERSTEUNINGSLYS:

 Ina Malherbe – Verswakte gesondheid. 

Esmé Joubert – Kloof Nursing Home. 

Doreen Marais – Verswakte gesondheid. 

Betsie Johnston – kolonkanker Lientjie. 

Cecile Human – Gebedsondersteuning. 

LET WEL:

Met die wetgewing op beskerming van private inligting kan die kerkkantoor geen private kontakbesonderhede meer op die afkondigings plaas nie. Vir meer besonderhede in veband met die POPI wet kontak die kerkkantoor. 

DIENS VAN BARMHARTIGHEID.

Ons wil u hartlik uitnooi om betrokke te raak by Diens van Barmartigheid (soos die Heilige Gees u sal lei). U is ook welkom om aan te sluit by ons Whatsapp groepie indien u sou wou sien waarmee ons besig is. 

Kontak: Margaret snr @ 083 652 6098. 

Ons (Diens van Barmhartigheid) werk streng volgens riglyne waarvolgens alle behoeftiges geëvalueer word deur ’n welsynswerker en duplisering van donasies aan bv. een gesin/persoon dus uitgesluit word en almal regverdig, diskreet en met die nodige respek hanteer word. 

Na ‘n heerlike besoek aan Bethany Gardens Tehuis het ons ‘n groot donasie van hekel en gebreide items ontvang. Indien enige iemand ekstra wol het om aan hulle te skenk, sal dit opreg waardeer word. 

Ons leef in moeilike tye en ons ondersteun mekaar graag. Baie dankie aan die getroue bydraers van kos en klere-donasies. Dit word opreg waardeer! 

TEEBEDIENING:

Baie, baie dankie aan hierdie pragtige, vrolike bediening wie ons gemeente telkens so bederf. Vrywilligers vir verdere hulp met teebeurte word aangemoedig om in te skakel. Kontak asb.Sr Rhona Werner 031 702 3905 / 

066 592 2365 

Baie dankie. 

ONS BIBLIOTEEK: 

Opwindende NUUS!! Ons biblioteek ondergaan tans ‘n totale metamorfose, met Wilmien Espach fluks aan die stuur. BAIE DANKIE SOVER!Baie Dankie ook aan Sr Rita Botha wat haar help. Nog Helpers is steeds baie welkom. 

GESOEK:

Ons benodig ‘n persoon/groep om ons KLERESTOOR te beman asb. Ons het ook intussen 2 klerestore “ge-erf” en het dus nou 3 en benodig vrywilligers om dit uit te sorteer, te beman, of selfs net ‘n sak vol klere te gaan was en terug te bring asb! 

WELKOM: 

Ons verwelkom ook ons nuwe gemeentelede Andrè en Christien Vosloo wat by ons aansluit. Hulle het na Westville verhuis vanaf Bergsig Gemeente Newcastle. Baie welkom by ons Pinetown-gesin. 

VROUEKAMP 2022: 

Vrouekamp word die jaar van 14 tot 16 Oktober by African Enterprise in Pietermaritzburg gehou. 

Kostes : R810.00 per persoon 

Kontak Sonja Wolfaard : Sonja@ngkzn.org.za 

HARTSEER: 

Ons het met groot hartseer verneem dat Koos Botha oorlede is op Sondag 28 Maart. Sy roudiens sal waargeneem word uit Open Skies Church, 14 Lyngarth Rd, Kloof, op die 28ste Maart om 10:00.