KONTAKBESONDERHEDE

LERAAR Ds Leonardi Hart
Tel: 031 764 3720
Sel: 073 195 9054
E-pos: dsleonardistoop@gmail.com

 ADMINISTRATEUR: Adrie O’Reilly

Tel: 031 702 5264/ 072 667 9497
E-pos: ngkpinetown@saol.com
Kantoorure 09:00 – 15:00 weeksdae
Tel: 031 702 5264
Selfoon 072 667 9497
E-pos: ngkpinetown@saol.com

NG Kerk webtuiste: http://ngkerk.net/

EREDIENSTYE
SONDAGOGGENDE:

 Eredienste om 08:30 in die kerkgebou en Kategese 08:30 in kategeselokaal gedurende skoolkwartale. 
Erediens word uitgesaai via “Facebook live” op die kerk se facebook-blad om 08:30. Die opname sal via Whatsapp uitgestuur word na die diens. 

Bank besonderhede:
ABSA bank  N G Kerk Pinetown
Tak  505626   Rekening no 1190580012
Verwysing … BYDRAE.

ZAPPER BETALINGS

Zapper is ‘n maklike en veilige manier om bydraes te maak direk aan die Gemeente en is binne 24 uur in die Gemeente se bankrekening. Die unieke QR kode kan ook maklik gedeel word met ander wat dalk ook ‘n bydrae wil maak.
Volg gerus die skakels van hoe om Zapper af te laai op u foon en dit te gebruik.

https://youtu.be/9YBPhLaYngQ https://youtu.be/Jy1mLFvKN0A


  

WEEKLIKSE GEBEDSGELEENTHEID:

 Gebedsversoeke kan aan Alet Hugo gestuur word by 084 549 5256. 

 VERJAARDAE: 

 Baie geluk aan lidmate wat gedurende die komende week verjaar. Seëninge uit die Vaderhand word u toegebid vir `n besonderse lewensjaar. 

13 Maart– Mariekie Robinson 

13 Maart –Mariaan van der Linde 

14 Maart – Bianca Swart 

15 Maart – Ruan Potgieter 

18 Maart – Johanita Putter 

19 Maart – Renier Robinson 

DIE HOOFWEG

 13 Maart 2022 
Tweede Sondag in Lydenstyd 
Uitgawe 444 

Baie welkom by die Erediens vanoggend onder leiding van Ds. Leonardi Hart. 

GEBEDSONDERSTEUNINGSLYS:

 Ina Malherbe – Verswakte gesondheid. 

Esmé Joubert – Kloof Nursing Home. 

Doreen Marais – Verswakte gesondheid. 

Betsie Johnston – kolonkanker Lientjie. 

Cecile Human – Gebedsondersteuning. 

LET WEL:

 Met die wetgewing op beskerming van private inligting kan die kerkkantoor geen private kontakbesonderhede meer op die afkondigings plaas nie. Vir meer besonderhede in veband met die POPI wet kontak die kerkkantoor. 

DIENS VAN BARMHARTIGHEID.

Ons wil u hartlik uitnooi om betrokke te raak by Diens van Barmartigheid (soos die Heilige Gees u sal lei). U is ook welkom om aan te sluit by ons Whatsapp groepie indien u sou wou sien waarmee ons besig is. 

Kontak: Margaret snr @ 083 652 6098. 

Ons (Diens van Barmhartigheid) werk streng volgens riglyne waarvolgens alle behoeftiges geëvalueer word deur ’n welsynswerker en duplisering van donasies aan bv. een gesin/persoon dus uitgesluit word en almal regverdig, diskreet en met die nodige respek hanteer word. 

Na ‘n heerlike besoek aan Bethany Gardens Tehuis het ons ‘n groot donasie van hekel en gebreide items ontvang. Indien enige iemand ekstra wol het om aan hulle te skenk, sal dit opreg waardeer word. 

Ons leef in moeilike tye en ons ondersteun mekaar graag. Baie dankie aan die getroue bydraers van kos en klere-donasies. Dit word opreg waardeer! 

TEEBEDIENING:

Baie, baie dankie aan hierdie pragtige, vrolike bediening wie ons gemeente telkens so bederf. Vrywilligers vir verdere hulp met teebeurte word aangemoedig om in te skakel. Kontak asb.Sr Rhona Werner 031 702 3905 / 066 592 2365 

Baie dankie. 

GESOEK:

Ons benodig ‘n persoon/groep om ons KLERESTOOR te beman asb. Ons het ook intussen 2 klerestore “ge-erf”en benodig vrywilligers om dit uit te sorteer, te beman, of selfs net ‘n sak vol klere te gaan was en terug te bring asb. Baie dankie aan Br. Barry van Wyk en Str. Netta Pauls wie vandeesweek baie hard gewerk het (teen 33° grade buite!) om dit te begin uitsorteer. Barry was ook elke dag bondels wasgoed tuis. Baie dankie! 

 

GEBOUE-KOMMISSIE

Ons nooi alle belangstellendes uit om sketse of idees met ons te deel oor hoe u graag ons toekomstige BRAAI area sal wil sien. 

Ons kort tuingereedskap asb! Tuinvurk -en tuingraaf (Groot en klein), tuinslang ens. As enige iemand ekstra tuingereedskap het wat u aan die kerk kan skenk, sal dit opreg waardeer word. 

Kontak Charlize (0723 452 2890 of Margaret (snr) (083 652 6098) 

Ons versoek vriendelik dat enige persone wat sleutels vir enige van die kerkgeboue het, ons asb. in kennis sal stel daarvan. Ons is besig om die sleutelregister op datum te bring. Kontak asb. die kerkkantoor. 

GROEP 55: 

Groep 55 kom Dinsdag-oggend om 10:00 bymekaar in die Kerksaal. Ons nooi alle belangstellendes uit om by ons aan te sluit. 

VROUEKAMP 2022: 

Vrouekamp word die jaar van 14 tot 16 Oktober by African Enterprise in Pietermaritzburg gehou. 

Kostes : R810.00 per persoon 

Kontak Sonja Wolfaard : Sonja@ngkzn.org.za 

NUWE PERSONEEL:

Die volgende aanstellings is pas afgehandel, naamlik: Administratiewe beampte: 

Adrie O’Reilly en Koster: Chris Pieterse. 

Van harte geluk en welkom hier by ons! Ons vertrou dat u werklik gelukkig in hierdie beroepe sal wees en dat u die hartlike, welkome ondersteuning en liefde van Pinetown gemeente mag ondervind. 

ONS BIBLIOTEEK: 

Opwindende NUUS!! Ons biblioteek ondergaan tans ‘n totale metamorfose, met Wilmien Espach fluks aan die stuur. BAIE DANKIE SOVER! Helpers steeds baie welkom. 

Neem asb. Kennis 

Ds. Leonardi Hart sal vanaf 15 tot 17 Maart ‘n Predikantekursus bywoon en is tussen 18 en 24 Maart met verlof, en sal dus nie beskikbaar wees nie.