KONTAKBESONDERHEDE
LERAAR: Ds. Leonardi Hart
Tel: 031 764 3720
Sel: 073 195 9054
E-pos: dsleonardistoop@gmail.com
(Afdag op Vrydae)
ADMINISTRATEUR: Adrie O’Reilly
Tel: 031 702 5264/ 072 667 9497
E-pos: ngkpinetown@saol.com
Kantoorure 08:00 – 12:00 weeksdae
Tel: 031 702 5264
Sel: 072 667 9497
E-pos: info@ngkerkpinetown.co.za
NG Kerk webtuiste: www.ngkerkpinetown.co.za
EREDIENSTYE
SONDAGOGGENDE:
Eredienste om 08:30 in die kerkgebou en
Kategese 08:30 in kategeselokaal gedurende skoolkwartale.
Erediens word uitgesaai via “Facebook live” op
die kerk se facebook-blad om 08:30. Die opname sal via whatsapp uitgestuur word na die diens.
BANK BESONDERHEDE:
ABSA bank N G Kerk Pinetown
Tak 505626 Rekening no 1190580012
Verwysing … BYDRAE.
ZAPPER BETALINGS
Zapper is ‘n maklike en veilige manier om bydraes te maak direk aan die Gemeente en is
binne 24 uur in die Gemeente se bankrekening. Die unieke QR kode kan ook maklik gedeel word met ander wat dalk ook ‘n bydrae wil maak. Volg gerus die skakels van hoe om Zapper af te laai op u foon en dit te gebruik.
https://youtu.be/9YBPhLaYngQ https://youtu.be/Jy1mLFvKN0A

GEBEDSONDERSTEUNINGSLYS
Esmé Joubert – Kloof Nursing Home.
Doreen Marais – Verswakte gesondheid
Anna van Rooyen – Rugprobleme & verswakte gesondheid
Annemarie Nel – Herstel na Rugoperasie Vrydag
Wilmien Espach – Steed erge verkoue & hoesbuie
Connie Waldeck – Terminaal met longprobleme
Martie Coetzee – versorg tans vir Chris Coetzee en ons bid ook vir hulle dogter Ilze wat ergerlike liggaamspyne het
Gebedsversoeke kan aan Alet Hugo gestuur word by 084 549 5256.
Ons versorg en bedien in gehoorsaamheid,
met Jesus-liefde na binne en buite.
DIE HOOFWEG
12 Junie 2022
Uitgawe 456
Baie welkom by die Erediens vanoggend onder leiding van Ds. Leonardi Hart.
Die skriflesing is uit: Prediker 9:1-12 en die Tema is: Spoed is nie alles nie.
Die GOK vergader na die Erediens in die saal. Die kwartaallikse Kerkraadsvergadering sal volgende Sondag, 12 Junie plaasvind.
VERJAARDAE:
Baie geluk aan lidmate wat gedurende die komende week verjaar. Seëninge uit die Vaderhand word u toegebid vir `n besonderse lewensjaar.
12 Junie – Heila Viljoen
14 Junie – Willem Maloney
14 Junie – Thea Viljoen
15 Junie – Willie Conradie
15 Junie – Neil Stein
17 Junie –Bianca Fook
DIENS VAN BARMHARTIGHEID:
GESOEK:
Ons benodig teenwoordiger/s vir Tuinsig Bejaarde Tehuis asb. Indien u geroepe voel tot hierdie pragtige bediening, kontak ons asb.:Margaret (snr). 083 652 6098
DANKIE:
Baie dankie aan ons gereelde, anonieme skenker van nie bederfbare produkte vir die donasie. Dit word opeg waardeer.
VRYWILLIGERS GEVRA:
Ons wil u hartlik uitnooi om betrokke te raak by Diens van Barmartigheid (soos die Heilige Gees u sal lei). U is ook welkom om aan te sluit by ons WhatsApp groepie indien u sou wou sien waarmee ons besig is.
Kontak: Margaret snr @ 083 652 6098.
Ons (Diens van Barmhartigheid) werk streng volgens riglyne waarvolgens alle behoeftiges geëvalueer word deur ’n welsynswerker en duplisering van donasies aan bv. een gesin/persoon dus uitgesluit word en almal regverdig, diskreet en met die nodige respek hanteer word. Ons leef in moeilike tye en ons ondersteun mekaar graag. Baie dankie aan die getroue bydraers van kos en klere-donasies. Dit word opreg waardeer.
KLERESTOOR:
Sr.Deline Schefermann en Sr. Sr Joyce Potgieter Sal van nou af die klerebank beman. Ons sê baie dankie vir hulle bereidwilligheid om die groot projek aan te neem. Enige donasies en hulp is steeds welkom! Kontak gerus vir Sr, Deline Schefermann by: 083 416 0034
WinterHOOP:
WiterHoop is 20 jaar gelede bekendgestel met die doel om die publiek aan te moedig, om winterbenodigdhede vir die minderbevoorregtes in te samel. Die projek het oor die jare meer landwye aanhang en ondersteuning van die publiek, plaaslike sakeondernemings en veral die media gekry. Van die organisasies betrokke by die WinterHOOP-veldtog is; PEN (PTA), MES (JNB, CPT, PE en Kempton Park), HisHands (KwaZulu-Natal) en Torings van Hoop (Bloemfontein).
‘n Nasionale veldtog word elke jaar onderneem om die publiek uit te nooi om ‘n tasbare verskil te maak in die lewens van mense en hul gemeenskappe wat nie die basiese dinge kan bekostig wat nodig is om ‘n strawwe winter te oorleef.
Ons wil dus BAIE graag vir die volgende 2 weke WINTERHOOP ondersteun deur komberse, na ons kerk te bring vir verdere verspreiding deur Pastoor Leon. Elke bydra sal opreg waardeer word.
GROEP 55
Aangesien die Voorsitster en Sekretaresse vir die byeenkomste van April en Mei maand nie beskikbaar is nie. (Beide weens mediese redes) moet die byeenkomste ongelukkig kanselleer word. Dus sal ons volgende byeenkoms gedurende Junie maand plaasvind.
GEBOUE-KOMMISSIE
Ons het 2 goeie, stewige kantoorstoele wat ‘afskilfer/afdop’ en benodig om oorgetrek te word. Kontak asb. Kerkkantoor of Br. Chris, ons koster, indien u kan help. Baie dankie.
Kontak Charlize (072 345 2289)
of Margaret (snr) (083 652 6098)
Daar is 4 Stoorkamers by Deodant beskikbaar om te huur teen R500/maand. Kontak asb. die kerkkantoor vir meer inligting.
BEDIENINGE:
Baie, baie dankie aan hierdie pragtige, vrolike bedieninge wie ons gemeente telkens so bederf.
Vrywilligers vir verdere hulp met Teebeurte of Blommerangskikkings vir die eredienste word aangemoedig om in te skakel.
Vir Teebediening, skakel asb. Vir Sr Rhona Werner: 031 702 3905 /066 592 2365 en vir
Blomme-bediening, skakel asb. Vir Sr Charlize Oosthuizen: 072 345 2289 of Sr Monica Helberg : 073 172 4410
