KONTAKBESONDERHEDE

  LERAAR: Ds. Leonardi Hart

Sel: 073 195 9054

E-pos: dsleonardistoop@gmail.com

(Afdag op Vrydae)

ADMINISTRATEUR: Adrie O’Reilly

E-pos: admin@ngkerkpinetown.co.za

Kerkkantoor ure 08:00 – 12:00 weeksdae

Tel: 031 702 5264

Sel: 072 667 9497 

NG Kerk webtuiste: www.ngkerkpinetown.co.za

EREDIENSTYE 

SONDAGOGGENDE:

Eredienste om 08:30 in die kerkgebou en 

Kategese 08:30 in kategeselokaal gedurende skoolkwartale.

Erediens word uitgesaai via “Facebook live” op 

die kerk se facebook-blad om 08:30. Die opname sal via whatsapp uitgestuur word na die diens.

BANK BESONDERHEDE:

ABSA bank  N G Kerk Pinetown

Tak  505626   Rekening no 1190580012

Verwysing … BYDRAE.

KAARTBETALINGS:

Die kerkkantoor het nou kredietkaart fasiliteit en dankoffers/donasies of betaling vir items gekoop op veiling kan nou ook met kaart betaal word. 

ZAPPER BETALINGS

https://youtu.be/9YBPhLaYngQ https://youtu.be/Jy1mLFvKN0A


  

VEILING:

Ons is baie opgewonde oor ons WhatsApp Veilings wat nou Dinsdae en Donderdae gaan plaasvind. Dinsdae sal “enige iets onder die son” wees en Donderdae sal tuisgemaak en tuisgebak wees.  

Ons benodig egter baie skenkings om aan die gang te kan bly. Skenk dus asb. al julle “wit olifante” vir die kerk en raak asb. betrokke by die tuisgebak/handgemaak. Elke Skenking word opreg waardeer en ons is baie dankbaar aan die wat reeds n bydra gemaak het. Baie dankie!!

Sluit aan by die WhatsApp groep met die skakel: https://chat.whatsapp.com/G4wFjcm1K1U4caNikmtrRXFF

Of skakel die kerkkantoor vir meer besonderhede

‘n Vriendelike versoek dat persone wie vir ons skenkings gee vir Donderdae se tuisgebak, asb. teen Woendag die kerkkantoor in kennis sal stel van watter tipe en hoeveelhede goedere geskenk word, sodat die nodige beplanning en voorbereiding betyds gedoen kan word vir die veiling. Ons versoek ook asb. dat goedere teen 8:30 op Donderdae by die kerk afgelewer word. 

 

Ons versorg en bedien in gehoorsaamheid,

met Jesus-liefde na binne en buite.

DIE HOOFWEG

              30 Oktober 2022

    Uitgawe 516

Baie welkom by die Erediens vanoggend wat  gelei word deur Ds. Ron Küsel 

Die skriflesing is uit: Kolossense 3: 12-17 en die Tema is: Hernuwing

Belangrike Datums:  

13 November : G.O.K vergadering                                            11 Desember : Kerssangdiens

DANKIE!

Baie baie dankie aan elke persoon wat betrokke was by gister se markdag. Dankie vir elke donasie en aan elke persoon wat sy/haar tyd en talent gebruik het om by te dra tot die groot geleentheid. Julle word opreg waardeer! 

GEBEDSONDERSTEUNINGSLYS

Deline Schefermann- Herstel tuis na Knievervanging (Doen oefeninge) 

Claudette van Dyk en gesin –  Gebedsondersteuning na Joseph se afsterwe.

Petro Leamy – Herstel van Rugoperasie 

Marthie Coetzee -Versorg vir Chris by die huis Chris Coetzee – Verswakte Gesondheid

Esmé Joubert – Kloof Nursing Home

Doreen Marais – Verswakte gesondheid

Theunis J van Rensburg.- (Koekie & Jannie se seun)- Positiewe terugvoering van sy vrou Annamarie ontvang, gaan beter)

Boet Stemmet – Verswakte gesondheid – ook vir sy vrou Marie wat hom versorg.

Annemarie Nel, haar dogter Heleen, skoonseun Charles en hulle seun. (Charles is terminaal) 

Gebedsversoeke kan aan Alet Hugo gestuur word by 084 549 5256

GEBEDSKAMER:

Daar sal geleentheid wees vir gebed, onder leiding van sr Alet Hugo, voor die erediens. Sluit gerus aan: Sondag Oggende om 07:45 in kamer 22 . 

Kontak gerus vir sr Alet Hugo vir enige navra: 084 549 5256

BEDIENINGE:

Baie, baie dankie aan hierdie bedieninge wie ons gemeente telkens so bederf en ondersteun. 

Vrywilligers vir verdere hulp met enige bediening word aangemoedig om in te skakel. Kontak gerus die volgende persone: 

TEEBEDIENING: 

Sr Rona Werner: 066 592 2365.

BLOMME-BEDIENING: 

Sr Charlize Oosthuizen – 072 345 2289 of               Sr Monica Helberg – 073 172 4410

BIBLIOTEEK: 

Sr Wilmien Espach –  082 552 7769

KLERESTOOR: 

Sr Deline Schefermann – 083 416 0034

MUSIEKBEDIENING & KERKKOOR:                     Sr Monica Helberg – 073 172 4410

NUWE INTREKKERS: 

Sr Elma Carroll – 083 295 164

GEBEDSONDERSTEUNING: 

Sr Alet Hugo – 084 549 5256

TUINSIG:

Br Leon en Sr Mazell Dafel – 084 512 8032

DIENS VAN BARMHARTIGHEID: 

Sr Margaret Stoop – 083 625 6098

VRYWILLIGERS GEVRA:

 Ons vra ook vir enige vrywilligers wat bereid is om ander gemeentelede/bejaardes te help met ‘n ry-geleentheid na die eredienste op Sondae. Kontak asb. die kerkkantoor indien u kan help 

    

GEBOUE-KOMMISSIE

Daar is 4 Stoorkamers by Deodant beskikbaar om te huur teen R500/maand. Kontak asb. die kerkkantoor vir meer inligting.

Ons benodig Asb. enige bou materiaal en verf. Indien iemand van die bogenoemde het wat u kan skenk, kan u asb. vir Chris kontak by die kerkkantoor.

Ons vra ook vir vrywilligers om te help met die skoonmaak, voorbereiding en verf van verskeie lokale. Kontak asb. Vir Margaret Stoop indien u kan help. 083 652 6098

Baie dankie aan Br William Leamy en Br Leon Dafel vir die donasie van ‘n grassnyer en ‘n onkruidvreter en vir die kerkgebou se tuin. 

LIEDERE:

Aanvangslied: LB 159 vers 1-3                             Lofprysing: LB188 1-3 & LB212 1en3                                     Epikleselied: LB257 1-3                                       Slotlied: LB205 vers1 en 3                              Uitsendingslied: LB269 vers 1

DANKOFFERS:                            

         SEPTEMBER + OKTOBER MAAND is ons kerk se verjaarsdag en TIENDE BYDRAE OFFERS. Koevertjies is beskikbaar by die deure vir die spesiale 10de bydrae.