KONTAKBESONDERHEDE

  LERAAR: Ds. Leonardi Hart

Tel: 031 764 3720

Sel: 073 195 9054

E-pos: dsleonardistoop@gmail.com

(Afdag op Vrydae)

ADMINISTRATEUR: Adrie O’Reilly

E-pos: admin@ngkerkpinetown.co.za

Kerkkantoor ure 08:00 – 12:00 weeksdae

Tel: 031 702 5264

Sel: 072 667 9497 

NG Kerk webtuiste: www.ngkerkpinetown.co.za

EREDIENSTYE 

SONDAGOGGENDE:

Eredienste om 08:30 in die kerkgebou en 

Kategese 08:30 in kategeselokaal gedurende skoolkwartale.

Erediens word uitgesaai via “Facebook live” op 

die kerk se facebook-blad om 08:30. Die opname sal via whatsapp uitgestuur word na die diens.

BANK BESONDERHEDE:

ABSA bank  N G Kerk Pinetown

Tak  505626   Rekening no 1190580012

Verwysing … BYDRAE.

ZAPPER BETALINGS

 Zapper is ‘n maklike en veilige manier om bydraes te maak direk aan die Gemeente en is 

binne 24 uur in die Gemeente se bankrekening. Die unieke QR kode kan ook maklik gedeel word met ander wat dalk ook ‘n bydrae wil maak. Volg gerus die skakels van hoe om Zapper af te laai op u foon en dit te gebruik. 

https://youtu.be/9YBPhLaYngQ https://youtu.be/Jy1mLFvKN0A


  

GEBEDSONDERSTEUNINGSLYS

Esmé Joubert – Kloof Nursing Home.

Doreen Marais – Verswakte gesondheid

Anna van Rooyen – Rugprobleme & verswakte gesondheid

Wilmien Espach – Gesondheidsprobleme                                             

Theunis J van Rensburg.- Koekie & Jannie se seun ontvang langtermyn chemo behandeling vir ‘n gewas.

Leon Ferreira – (Monica Helberg se broer) se vrou ,Anna, is die week oorlede, en hy self herstel steeds van gesondheidsprobleme. 

Gebedsversoeke kan aan Alet Hugo gestuur word by 084 549 5256

                     

Ons versorg en bedien in gehoorsaamheid,

met Jesus-liefde na binne en buite.

DIE HOOFWEG

17 Julie 2022

Uitgawe 500

Baie welkom by die Erediens vanoggend onder leiding van Ds. Leonardi Hart.

Die skriflesing is uit: Lukas 10: 38-42  en die Tema is: Watter keuse/s neem jy?

DANKOFFERS:

Die dankoffers sal weer, soos in die verlede, gedurende die eredienste in die banke opgeneem word.

Spesiale kollektes sal ook weer ná die eredienste by die deure opgeneem word.

GELEENTHEDE:

Joe Black: 23 Julie 2022 Port Natal Citadel

Vrydag 18:30 / Saterdag 16:00

R250 Volwasse /R120 Skool

WhatsApp 078 268 2601

Inspirational Morning : Wih Vanessa Goosen  – Breaking Free 10 Augustus – Krantzkloof R100 per persoon

Antoinette: 071 470 6941

GROEP 55

Die Volgende Byeenkoms is Dinsdag 19 Julie om 10:00 in die Kerksaal. Ons maak Sop en Tuis gebakte brood!

GEBOUE-KOMMISSIE

Daar is 4 Stoorkamers by Deodant beskikbaar om te huur teen R500/maand. Kontak asb. die kerkkantoor vir meer inligting.

DANKIE

Ons sê baie dankie vir elke donasies van kospakkies, klerasie en gebreide items. Dit word opreg waardeer. 

DIENS VAN BARMHARTIGHEID:

GESOEK:

Ons benodig teenwoordiger/s vir Tuinsig Bejaarde Tehuis asb. Indien u geroepe voel tot hierdie pragtige bediening, kontak ons asb.:Margaret (snr).  083 652 6098

KLERESTOOR

Sr. Deline Schefermann en Sr. Sr Joyce Potgieter Sal van nou af die klerebank beman. Ons sê baie dankie vir hulle bereidwilligheid om die groot projek aan te neem.  Enige donasies en hulp is steeds welkom! Kontak gerus vir Sr, Deline Schefermann by 083 416 0034      

VRYWILLIGERS GEVRA:

Ons wil u hartlik uitnooi om betrokke te raak by Diens van Barmartigheid (soos die Heilige Gees u sal lei). U is ook welkom om aan te sluit by ons WhatsApp groepie indien u sou wou sien waarmee ons besig is.

Kontak: Margaret snr @ 083 652 6098.

Ons (Diens van Barmhartigheid) werk streng volgens riglyne waarvolgens alle behoeftiges geëvalueer word deur ’n welsynswerker en duplisering van donasies aan bv. een gesin/persoon dus uitgesluit word en almal regverdig, diskreet en met die nodige respek hanteer word. Ons leef in moeilike tye en ons ondersteun mekaar graag. Baie dankie aan die getroue bydraers van kos en klere-donasies. Dit word opreg waardeer.

BEDIENINGE:

Baie, baie dankie aan hierdie pragtige, vrolike bedieninge wie ons gemeente telkens so bederf. 

Vrywilligers vir verdere hulp met Teebeurte of Blommerangskikkings vir die eredienste word aangemoedig om in te skakel. 

Vir Teebediening, skakel asb. Vir Sr Rhona Werner: 031 702 3905 /066 592 2365 en vir

Blomme-bediening, skakel asb. Vir Sr Charlize Oosthuizen: 072 345 2289 of Sr Monica Helberg: 073 172 4410

LIEDERE:

Aanvangslied:

LB 163: Soos ‘n Wildsbok

Lofliedere:

LB 209: Heer met my hele hart

LB190 : 1-3 Grote God aan U die eer

Epikleselied:

LB 254: Spreek Heer

Slotlied:

LB 284:1-3: Laat, Heer u vrede