KONTAKBESONDERHEDE
LERAAR: Ds. Leonardi Hart
Tel: 031 764 3720
Sel: 073 195 9054
E-pos: dsleonardistoop@gmail.com
(Afdag op Vrydae)
ADMINISTRATEUR: Adrie O’Reilly
E-pos: admin@ngkerkpinetown.co.za
Kerkkantoor ure 08:00 – 12:00 weeksdae
Tel: 031 702 5264
Sel: 072 667 9497
NG Kerk webtuiste: www.ngkerkpinetown.co.za
EREDIENSTYE
SONDAGOGGENDE:
Eredienste om 08:30 in die kerkgebou en
Kategese 08:30 in kategeselokaal gedurende skoolkwartale.
Erediens word uitgesaai via “Facebook live” op
die kerk se facebook-blad om 08:30. Die opname sal via whatsapp uitgestuur word na die diens.
BANK BESONDERHEDE:
ABSA bank N G Kerk Pinetown
Tak 505626 Rekening no 1190580012
Verwysing … BYDRAE.
ZAPPER BETALINGS
Zapper is ‘n maklike en veilige manier om bydraes te maak direk aan die Gemeente en is
binne 24 uur in die Gemeente se bankrekening. Die unieke QR kode kan ook maklik gedeel word met ander wat dalk ook ‘n bydrae wil maak. Volg gerus die skakels van hoe om Zapper af te laai op u foon en dit te gebruik.
https://youtu.be/9YBPhLaYngQ https://youtu.be/Jy1mLFvKN0A

BEDIENINGE:
Baie, baie dankie aan hierdie pragtige, vrolike bedieninge wie ons gemeente telkens so bederf.
Vrywilligers vir verdere hulp met Teebeurte of Blommerangskikkings vir die eredienste word aangemoedig om in te skakel.
Vir Teebediening, skakel asb. Vir Sr Rhona Werner: 031 702 3905 /066 592 2365 en vir
Blomme-bediening, skakel asb. Vir Sr Charlize Oosthuizen: 072 345 2289 of Sr Monica Helberg: 073 172 4410
Ons versorg en bedien in gehoorsaamheid,
met Jesus-liefde na binne en buite.
DIE HOOFWEG
3 Julie 2022
Uitgawe 498
4de Sondag van Koningskrykstyd
Baie welkom by die Erediens vanoggend onder leiding van Ouderling Monica Helberg.
Die skriflesing is uit: Job 38: 1-11 & Markus 4: 35-41 en die Tema is: God en Jesus groot bo alles en almal
VERJAARDAE:
Baie geluk aan lidmate wat gedurende die komende week verjaar. Seëninge uit die Vaderhand word u toegebid vir `n besonderse lewensjaar.
3 Julie – Schalk Hefer
3 Julie – Marietjie Marais
3 Julie – Pieter Potgieter
3 Julie – Nic van der Merwe
8 Julie – Marthie Coetzee
9 Julie – Koba Kritzinger
GEBEDSONDERSTEUNINGSLYS
Esmé Joubert – Kloof Nursing Home.
Doreen Marais – Verswakte gesondheid
Anna van Rooyen – Rugprobleme & verswakte gesondheid
Annemarie Nel – Herstel na Rugoperasie
Wilmien Espach – Erge rugpyn
Martie Coetzee – versorg tans vir Chris Coetzee en ons bid ook vir hulle dogter Ilze
Theunis J van Rensburg.- Koekie & Jannie se seun ontvang chemo behandeling vir ‘n gewas.
Leon Ferreira -Monica Helberg se broer – inwendige bloeding
Gebedsversoeke kan aan Alet Hugo gestuur word by 084 549 5256.
GEBOUE-KOMMISSIE
Daar is 4 Stoorkamers by Deodant beskikbaar om te huur teen R500/maand. Kontak asb. die kerkkantoor vir meer inligting.
GROEP 55
Byeenkomste sal weer, as die Here wil, die maand begin. En raai wat? Sommer met sop en brood! Verdere besonderhede sal nader aan die tyd gegee word.
DIENS VAN BARMHARTIGHEID:
GESOEK:
Ons benodig teenwoordiger/s vir Tuinsig Bejaarde Tehuis asb. Indien u geroepe voel tot hierdie pragtige bediening, kontak ons asb.:Margaret (snr). 083 652 6098
KLERESTOOR
Sr. Deline Schefermann en Sr. Sr Joyce Potgieter Sal van nou af die klerebank beman. Ons sê baie dankie vir hulle bereidwilligheid om die groot projek aan te neem. Enige donasies en hulp is steeds welkom! Kontak gerus vir Sr, Deline Schefermann by 083 416 0034
VRYWILLIGERS GEVRA:
Ons wil u hartlik uitnooi om betrokke te raak by Diens van Barmartigheid (soos die Heilige Gees u sal lei). U is ook welkom om aan te sluit by ons WhatsApp groepie indien u sou wou sien waarmee ons besig is. Kontak: Margaret snr @ 083 652 6098. Ons (Diens van Barmhartigheid) werk streng volgens riglyne waarvolgens alle behoeftiges geëvalueer word deur ’n welsynswerker en duplisering van donasies aan bv. een gesin/persoon dus uitgesluit word en almal regverdig, diskreet en met die nodige respek hanteer word. Ons leef in moeilike tye en ons ondersteun mekaar graag. Baie dankie aan die getroue bydraers van kos en klere-donasies. Dit word opreg waardeer.
DANKIE!!
Baie dankie aan Wouter en Yolandè Els van ProForce security vir die wonderlike groot skenking van kombuistoerusting aan die kerkkombuis. Dit is ‘n baie groot bederf en dit word opreg waardeer.
Ons bedank ook graag die NG Kerk Wonderboom en Eugene van Aswegen van Afrivorumm vir hulle donasies van kruideniersware en komberse.
Baie dankie ook aan elkeen se deelname en donasies aan die WinterHOOP projek, in besondere aan Doreen Marais vir die bydrae van gebreide items.
Baie dankie ook aan ons gereelde anonieme skenker van kospakkies.
Almal se ondersteuning word opreg waardeer!!
LIEDERE:
Aanvangslied: LB 176 x2
Lofliedere:
LB 509 vers 1-3
LB177 x2
Epiklese gebed:
LB254
Slotlied:
LB 464:1-4
Uitsendingslied:
LB 269 vers 1 & Amen
